Wat kan ons doen?
Hier is 'n paar voorstelle van aktiwiteite wat u tydens u verblyf kan aanpak:
​
​Een dag verblyf:
Doen die Waterval of Kloofroete – neem so 2 uur - swem by die watervalle
Leipoldts se Graf en Soldaatkop
​
Twee dae verblyf
-
Doen die Waterval en Kloofroete – neem so 2 uur elk - swem by die watervalle
-
Besoek die Sevilla Rock art trail by Travellers Rest – neem 2 uur – Brosjure by die kantoor
​
​Drie dae verblyf:
-
Doen die Waterval of Kloofroete – neem so 2 uur - swem by die watervalle
-
Besoek die Sevilla Rock art trail by Travellers Rest – neem 2 uur – Brosjure by die kantoor
-
Ry na die historiese Wupperthal nedersetting – 45km waarvan 30km grondpad is –Meer inligting by die kantoor
Meer om van te kies:
​
-
Besoek die wynkelder by Alpha Excelsior vir wynproe: 8:00 – 17:00 weeksdae. Vra by die kantoor vir naweek tye.
-
Swem in die plaasdam by die kampeerterrein
-
Bass visvang by die bure – vra by kantoor
-
Besoek die bekende Muisbosskerm restaurant op die strand by Lamberstbaai (90km) vir 'n seekosbuffet soos jy nog nie beleef het nie! Vra die kantoor om te bespreek.
-
Elandsberg Eco Tours (45km) – sien hoe word Rooibos verbou – bespreek by die kantoor
-
Donkiekar uitstappie (6 uur) in die berg in - word gedoen deur die Heuningvlei gemeenskap – bespreek asseblief voortydig by die kantoor.
-
Biedouwvallei 4x4 roete by Mertenhof plaas (20km) – vra die kantoor om te bespreek
-
Ontbyt by die Hen House - Alpha Excelsior Plaas: ( Slegs Mei tot September)
-
Besoek die Biedouvallei vir die seisoenale blommeprag – ongelooflik – (afhangende van reën - Junie tot Augustus – vra by die kantoor
-
Doen die Heuningvlei staproete – word beskryf as die "most scenic in the Western Cape". (vra by die kantoor)