top of page

Kampeering

Die kamp is geleë in 'n klofie omring deur gestapelde Sederberg rotse met toring hoë Bloekombome wat lafenis teen die son bied. Daar is amptelik 11 kampplekke,  maar mense kamp soms informeel op die eiland by die dam en gedurende die winter,  op die oop stuk veld tussen die blomme.

Die kampeerterrein bied:

​

  • ablusie geriewe met donkie warmwater en kragpunte

  • 'n kombuis met twee yskaste,  opwasgeriewe en warm water.  Die kombuis word in die winter maande gebruik  deur die rotsklimmers wat vir weke hier kom kuier

  • braai plek by elke kamp

  • vars boorgatwater tussen elke twee kampplekke

  • bring grondseile - daar is nie grasperke nie

  • 100 m van die groot varswater plaasdam waar jy heerlik kan swem en baljaar

  • 1,2 km tot by die Waterval en swemgat

  • ons is in 'n baie veilige area!

  • vuurmaakhout te koop op die plaas

  • Troeteldiere welkom - reël net vooraf met ons asseblief

van R125 per persoon per nag

bottom of page