top of page

de Pakhuys Olywe

de Pakhuys verbou en botteleer ons eie tafelolywe en olyfolie. Ons eerste oes was gedurende Mei 2008.  Ons verbou onder andere Calamata tafelolywe.  Hierdie olywe word vir solank as 3 jaar in balies gehou voor ons dit verpak - die vrug bly ferm en het 'n heerlike ligte olyf smaak. Ons verbou ook Mission,  Frantoio en Coratina olywe waarmee ons ' n delikate olyfolie laat druk,  Tokara help ons hiermee!

Calamata olywe en olyfolie nou beskikbaar by:

 

Clanwilliam Superspar,  Veldskoendraai en Travellers Rest, Clanwilliam, 

ThaiArt Deli en Resthof Slaghuis,  Vredendal

Winkelshoek farm stall, Piketberg

bottom of page