top of page

Staproetes by de Pakhuys

 

Die Sederberge het ‘n manier om diep in jou hart vas te skop – die rooi gestapelde rotse, die Waboom en Gharrabosse, die skaam Klipbokke en die Bojane, die ewig ontwykende Kaapse Luiperd.  Die reuk van fynbos en rooitee sal jou lok om nog ‘n bietjie verder te ondek.

M1.jpg
Gideon
Kloof staproete

 

Die roete kronkel deur die groot rooi rotseblokke af in die kloof en terug langs die Brandewynsrivier  tot by die waterval.  Voël entoesiaste mag dalk die Witkruis arende gewaar wat hul nes hoog op teen die rooikrans bewaak. Moeë stappers kan lekker afkoel in die yskoue bergwater by die waterval.

​

  • 2 huur / 6km sirkel roete - meestal goed gemerk

  • gemiddelde tot moeilike stap

  • Kaart beskikbaar by die kantoor

Downward Dog Pose
Waterval roete

 

Die roete loop saam met die kloofroete en maak so halfpad 'n draai reguit waterval toe - die omgewing daar is asemrowend!

​

  • 1.5 huur / 4km

  • Maklike tot gemiddelde stap

 

bottom of page