top of page

Wat kan ons doen?

 

Hier is 'n paar voorstelle van aktiwiteite wat u tydens u verblyf kan aanpak:

​

​Een dag verblyf:

Doen die Waterval of Kloofroete – neem so 2 uur - swem by die watervalle

Leipoldts se Graf en Soldaatkop

​

Twee dae verblyf

  • Doen die Waterval en Kloofroete – neem so 2 uur elk - swem by die watervalle

  • Besoek die  Sevilla Rock art trail by Travellers Rest – neem  2 uur – Brosjure by die kantoor

​

​Drie dae verblyf:

  • Doen die Waterval of Kloofroete – neem so 2 uur - swem by die watervalle

  • Besoek die  Sevilla Rock art trail by Travellers Rest – neem 2 uur – Brosjure by die kantoor

  • Ry na die historiese Wupperthal nedersetting – 45km waarvan 30km grondpad is –Meer inligting by die kantoor

 

Meer om van te kies:

​

  • Besoek die wynkelder by Alpha Excelsior vir wynproe: 8:00 – 17:00 weeksdae. Vra by die kantoor vir naweek tye.

  • Swem in die plaasdam by die kampeerterrein

  • Bass visvang by die bure – vra by kantoor

  • Besoek die bekende Muisbosskerm restaurant op die strand by Lamberstbaai (90km) vir 'n seekosbuffet soos jy nog nie beleef het nie!  Vra die kantoor om te bespreek.

  • Elandsberg Eco Tours (45km) – sien hoe word Rooibos verbou – bespreek by die kantoor

  • Donkiekar uitstappie (6 uur) in die berg in - word gedoen deur die Heuningvlei gemeenskap – bespreek asseblief voortydig by die kantoor.

  • Biedouwvallei 4x4 roete by Mertenhof plaas (20km) – vra die kantoor om te bespreek

  • Ontbyt by die Hen House  - Alpha Excelsior Plaas: ( Slegs Mei tot September)

  • Besoek die Biedouvallei vir die seisoenale blommeprag – ongelooflik – (afhangende van reën - Junie tot Augustus – vra by die kantoor

  • Doen die Heuningvlei staproete – word beskryf as die "most scenic in the Western Cape". (vra by die kantoor)

bottom of page