top of page

Kleine School 1 & 2

de Pakhuys het onlangs Kleine School gekoop. Kleine School was tot die middel 90's as 'n klein plaasskool gebruik.  Die kompleks met die skoolhoof se huis en twee klaskamers is sowat 2 km vanaf de Pakhuys geleë.  Die klaskamers is omskep in twee gaste eenhede en is bekostigbaar en gerieflik. Kleine School is 200m van Pakhuisberg met pragtige uitsig vanaf die agter onderdak braaistoep. Kleine School het ook 'n gedeelde afkoel swembad op die agterste grasperk.

Die twee selfsorg eenhede bied elk:

​

  •  twee slaapkamers met twee enkelbeddens elk en 'n dagbed in die sitkamer

  • badkamer met stort

  • volledige kombuis met gasstoof,  oond en mikrogolfoond.

  • panoramiese uitsig op die Sederberg

  • handoeke en beddegoed word verskaf

  • onderdak buite braai

  • troeteldier vriendelik

  • Geen TV maar gratis Wifi

 

Vanaf R800 per nag

per huis

​

​

​

​

bottom of page